Local news

Groot verwagtinge ná sakelui vergader

’n Groot aantal sake-eienaars het op Donderdag 27 Julie by Forever Resorts in Bela-Bela vergader met net een punt op die agenda — hoe kan hulle bydra tot die verbetering en uitbou van Bela-Bela en omgewing.

Die vergadering is gereël deur Jeedee Cloete, VF Plus raadslid vir Wyk 1. Hy het sakelui en uitvoerende amptenare genooi om saam planne te beraam.

Die Pos verneem dat die vergadering gehou is om die burgerlike gemeenskap só te organiseer dat elke persoon met ’n vaardigheid of spesialis kennis ingespan sal word om bydraes te lewer wat tot voordeel van die gemeenskap sal wees. Die projekte sal onder een naam en een vaandel geloods word.

Die sprekers het hul saak kort en bondig gehou.

“Ek het nie verwag om so baie mense in een vertrek te sien nie. Die opkoms was baie goed. Ek kan maar net baie dankie sê vir elke sakepersoon wat die tyd geneem het om te kom luister,” sê Cloete.

“Die sosiale media skakel is reeds uitgestuur vir nog meer sakelui wat wil deel word van die projekte om ons dorp te verbeter. Ons sal in die toekoms meer oor die planne uitbrei en inwoners inlig oor platforms waar inwoners betrokke kan raak.”

Related Articles

Back to top button