Local news

Staatmaker van Bela-Bela dood in gru-ongeluk

Die Bela-Bela-gemeenskap het verlede naweek met skok verneem van Cristo “Dias” van der Merwe se dood ná ’n motorongeluk.

Die departement van vervoer kon teen druktyd nog geen inligting oor die ongeluk bekendmaak nie.

Van der Merwe was die eienaar van CJ Transport, ’n bekende vervoermaatskappy in die dorp.

Hy word onthou vir sy omgee, vriendelike gesindheid teenoor almal en as ’n man wat die ekstra myl gestap het vir sy gesin.

Hy het ’n groot liefde vir motorfietse gehad en het altyd gesê dit gee hom ’n gevoel van vryheid as hy met sy fiets die langpad aangedurf het.

Sy begrafnis vind op Saterdag 29 Julie om 11:00 op die Thaba Manzi-reservaat buite Bela-Bela plaas.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button