Local news

Geite en giere…

Wat gebeur in- en om die Waterberg?

’n Bekende in die onderwyskringe en inwoner van Bela-Bela, James Fitzroy (75), is op Maandag 26 Junie oorlede. Hy word onthou vir sy bydraes as skoolhoof en sy betrokkenheid by skole in Bela-Bela na sy aftrede. Hy was ’n gesinsman by uitstek en ’n rolmodel vir sy kinders en kleinkinders. Sy begrafnis het reeds op Saterdag 1 Julie vanuit die NG Warmbad Wes-gemeente plaasgevind.
Lede van die VLU-Sonskyntak in Bela-Bela het op Maandag 29 Mei bymekaar gekom vir ’n meestersklas in hekel. Elize Maguire, het lede gewys hoe om die mooiste paar handskoene in ’n japtrap te hekel. Die tak vergader weer op Donderdag 27 Julie by die Tuin Tuiste-aftreeoord. Vir navrae skakel tel. 082 564 3370. Hier is Marinda White, takvoorsitter, saam met Maguire.

Related Articles

Back to top button