Local news

In die eg verbind

Die vreugdevure het gebrand toe Sarita Kriek-Vosloo, eertydse joernalis vir Die Pos-koerant, en Nico Jooste, sakeman van Gauteng, hul troubeloftes op Saterdag 17 Junie in die hartjie van die Bosveld afgelê het.

Die egpaar se naaste familie en hartmense het die Bosveld-bruilof, wat by ʼn privaat lodge op ʼn gholflandgoed buite Bela-Bela gehou is, bygewoon.

Daar is gesellig gekuier om ’n feestelike langtafel terwyl die knetterende kaggel die winterkoue uitgehou het.

Die egpaar vertrek eersdaags op hul twee weke lange wittebrood in die Mediterreense see, maar beloof om binnekort weer in die Waterberg te kom kuier.

Foto’s: Herman Steyn & Mia de Bruyn

Related Articles

Back to top button