Local news

Groenste vingers op die Vlakte

Die flink vroue van Settlers Vroue Landbou-unie (VLU) het die voorreg gehad om ’n kursus in blommekuns by te woon wat deur Diane van der Merwe, die wenner van die program Groenste Vingers op KykNet, aangebied is.

Die Settlers-tak van die VLU het Herfs se mooi kleure in blomme vasgevat.

Die gesellige oggend is op Saterdag 27 Mei in die Settlers Boeresaal aangebied.

Die vroue was baie entoesiasties om ’n nuwe vaardigheid aan te leer en het na afloop van die kursus gesê dit was lekker om by ’n meester op eie bodem te kon kers opsteek. Hul het ook gesê dat Herfs se kleure nog nooit so mooi was nie.

Dianne is ’n inwoner van die Waterberg en bestuur haar eie onderneming Consmania Floral Artistry. Besoek gerus haar webtuiste om haar blomkuns te waardeer.

Related Articles

Back to top button