Local news

Bekende skrywer deel Waterbergstories

Richard Wadley, skrywer van twee boeke oor die Waterberg se geskiedenis, gesels eersdaags by die Modimolle-tuinbougroep se maandvergadering.

Wadley se boek Waterberg Ways bevat interessante vertellings oor vorige en huidige inwoners van die omgewing. Sy boek Waterberg Echoes bevat uitgebreide inligting oor die Waterberg-plato en die streek.

Die maandvergadering vind op Woensdag 28 Junie plaas.

Dit begin om 09:00 vir 09:30 en word by die Koinonia-gemeente op die hoek van Olienhout- en Buffelstraat in Modimolle gehou.

Tee en koffie word ná die vergadering bedien.

Besoekers is baie welkom om die vergadering by te woon teen ’n koste van R30.

Plekke kan bevestig word by Grieta van Vuuren by tel. 079 211 0716.

Related Articles

Back to top button