Local news

Stof solank talente af vir ATKV-kunstefees

Dit is weer tyd vir die jaarlikse Waterberg ATKV-kunstefees.

Belangstellendes kan inskryf in die afdelings vir musiek, revue, drama, sang, kuns en fotografie.

Die kunstefees het in 1985 by Klein Treetjies-kleuterskool in Modimolle ontstaan en het later na Bela-Bela geskuif.

Amanda Jansen van Vuuren is die feesvoorsitter. Die inligtingstuk, wat die reëls van die kompetisie verduidelik, is op Donderdag 1 Junie aan skole beskikbaar gestel. Inskrywings sluit op Saterdag 22 Julie.

“Afrikaans sal altyd vir ons van groot waarde wees en ons doen ’n beroep op mense om Afrikaanse kunstefeeste te ondersteun. Op hierdie manier maak hulle hul kinders trots daarop om Afrikaans te praat,” sê Jansen van Vuuren.

Die fees is egter nie beperk tot Afrikaanse items nie en Engelse leerders is ook welkom om hul talente te kom wys.

Die volgende lede van die bestuur kan gekontak word:

Related Articles

Back to top button