Local news

Só sal ons Marlene altyd koester …

Marlene was ’n energieke en hoogs bekwame jong vrou wat haar merk in die politieke arena gemaak het.

John Steenhuisen, leader of the Democratic Alliance (DA):

It is with immense sadness that the DA learned of the tragic passing of Marlene van Staden.

Aside from being the DA’s only mayor in the province of Limpopo, Marlene was a trailblazing politician and pioneering public servant who overcame tremendous obstacles in the municipality to bring better government to all who live there.

Marlene was deeply loved by her party, her province, and her caucus where she was an incredibly dynamic and forthright mayor who lived and breathed the DA’s values and principles.

She is known for being instrumental in forging relationships with civil society organisations to better capacitate and improve governance.

In many ways, she created the blueprint for the DA’s whole-of-society approach to governance which has the potential to change the face of South African government in its entirety.

As a person, Marlene was infectiously buoyant and optimistic, with a can-do attitude and admirable lust for life. There was no task that she did not undertake with immense passion and a sense of genuine and heartfelt goodwill.

Her friends, family, and colleagues will remember her as a true go-getter and an individual who could light up a room even in the darkest of times. Shortened – Ed.


Voorsitters van die Bosveldsig-aftreeoord:

Die Bosveldsig-gemeenskap wil graag hul meegevoel uitspreek met Marlene se eggenoot, kinders en familie.

Ons is geskok en verslae ná die ontvang van hierdie slegte nuus.

Mag ons Hemelse Vader Sy troos en onmeetbare genade uitspreek in hierdie tyd van hartseer en verdriet.

Hoewel haar aardse woning leeg is, sal haar nalatenskap in hierdie gemeenskap bly voortleef.


Excerpt of a tribute by DA colleague Susan Smit, writes:

She was made of the qualities that can turn this country around, and now she is gone.

She was one of the hardest-working and most motivated people I ever met. She was not naïve about the obstacles her government faced or the fact that she could not — given the hung council — deliver Cape Town-style governance in Limpopo, but these realities never defeated her.

I would often ask her to retell the story about how surprised the ANC-appointed officials were when — after her election — she showed up at the office to start work at 08:30. They were flabbergasted. The ANC mayors before her came to the office maybe once or twice a year. Little did the officials know what was still to come.

In an interview weeks before her death she said that the ANC and EFF councilors never removed her because their interactions were always about service delivery and never about politics. This might have been true, but I think she also just wore them down with her relentless optimism and her refusal to be intimidated.

During one memorable visit to Modimolle-Mookgophong Municipality, instigators swept up members of the community with promises of jobs on a SANRAL project. Tyres were burning in the streets and people were fearful of full-on violence breaking out.

As she got out to address the protestors, she nonchalantly told me to get into the driver’s seat and turn the bakkie around, because if things went wrong, we were going to have to make a quick getaway.

This is way above my pay grade, I thought, nervously clutching the steering wheel.

Thankfully I never had to test my advanced driving skills, because when she spoke, people listened. Even if they did not like what she was saying, these residents knew that they could trust her.

She was never one to say things just to placate people or only to score political points.

She was great at building relationships and partnerships. As a result, there was always a business or contractor or funder, or NGO willing to help if officials were being obstructive or if money was tight.

Even when she fell ill, she continued working. She loved her life and she loved her job.

Jy het hierdie Kapenaar in murg en been baie lief gemaak vir die Bosveld. Die landskap, die kos, die mense. Ek weet nie hoe om aan Limpopo te dink sonder jou nie, of eintlik ’n wêreld sonder jou daarin.

Jy was so ongelooflik dapper. Ek gaan nog lang trane oor jou huil.


Daniel Ngwepe, Senior Advisor, PPGI:

The Public-Private Growth Initiative is deeply saddened by the untimely passing of Mayor Marlene Vermaak.

We have fond memories of the constant support Marlene gave us during her tenure as the mayor of the Modimolle-Mookgophong Municipality and will forever be grateful for her dedication and service to our country.

We hold Hannes and their two boys in our hearts during what is no doubt a difficult time, not only for the family but for the Waterberg communities that she served with great passion.


Mias en Joyce Nieuwoudt skryf:

As oudraadslid en verskeie kere burgemeesterspaar van die destydse Nylstroom in die jare 1976 tot 1988, sal dit seker nie voorbarig wees om namens ons self en destydse kollegas hulde te bring aan Marlene van Staden vir die uitsonderlike werk en bydrae wat sy in ons gemeenskap en daarbuite op vele terreine gelewer het nie.

Die beeld wat sy te alle tye uitgedra het, was met waardigheid en ons was altyd trots op haar as voorbeeld, maar nou veel armer met haar skielike afsterwe wat ’n mens moeilik verstaan en as gelowiges so moet aanvaar.

Ons medelye en bemoediging aan veral haar gesin sal in ons gebede wees.

Ons groet haar met hartseer.

Volgens die beste van my wete is sy die eerste burgemeester van hierdie dorp wat ten tyde van ampsbekleding onverwags, hartseertragies en so jonk uit ons gemeenskap en uit ons midde geneem is.

Mag veral haar gesin en ons gemeenskap berusting vind en haar nalatenskap in stand hou.


Marcelle Maritz, leier van die Vryheidsfront Plus in Limpopo, skryf:

Die VF Plus neem met leedwese kennis van die afsterwe van Marlene van Staden op die ouderdom van 42 jaar.

Sy was ’n energieke en hoogs bekwame jong vrou wat haar merk in die politieke arena gemaak het. Die VF Plus betuig hiermee hul innige meegevoel met haar eggenoot, familie en vriende.


Erna Human van AksieOpknap skryf:

Aksie Opknap het net liefde en respek vir Marlene gehad gedurende die vyf jaar waar sy ons ondersteun het en saam beplan en verskeie projekte aangepak het. As iemand nie geweet het sy is die burgermeester nie, sou haar optrede dit nooit weggegee het nie. By ’n sekere geselligheid waar ons saam was, het die mense gesê dat hulle net wag vir die burgemeester. Sy het só gelag en gesê: “Dis ek!”

Een van ons beste projekte was die mooimaak van munisipale tuine en inhuldiging van die nuwe naamborde.

Ek het haar altyd Hadassah (Hebreeus vir Ester genoem). Ester was ’n Bybelse vrou gestuur vir ’n tyd soos hierdie.

Dit is my bede dat ons Marlene laat voortleef in ons gemeenskap deur haar voorbeeld van geloof in haar Here, werkywer en integriteit te volg. Dit is haar nalatenskap vir ons as gemeenskap en ons land. Sy het ons leuse uitgeleef: “raak betrokke” en “saam is ons sterker”. Ons kan elkeen op ons eie ook ’n verskil maak in ons gemeenskap.


Mokgadi Dayimani, ANC chief whip on behalf of the councillors:

As ANC councilors, we are heartbroken about our Mayor Marlene van Staden.

We offer our condolences to Marlene’s family, friends, colleagues, and municipal workers.

She was so kind to everyone and was a hard-working woman. We will remember her.


Keina Swart, eienaar en vorige redakteur van Die Pos:

Ai tog, liewe Marlene. Ek onthou jou oopmond glimlag by ons personeelgesellighede, jou beduie terwyl jy met dáárdie hees stem praat, jou mooiste blink hare, swaaiende oorbelle en latlyf.

Daar was ’n diep droefheid in ons kantoor Donderdagoggend. Ons wou nie werk nie; ons wou op ons arms lê en saggies huil.

My studentekinders laat weet uit Pretoria hulle kan nie glo “Mayor Marlene”, wat tydens die Covid-19-pandemie getrou vir hulle die nuwe inperkingsmaatreëls opgesom het, is nie meer daar nie.

Jy het ’n hele generasie studente Sondagaande angstig laat wag om te hoor wanneer hulle weer mag kuier, hoeveel mense hulle kon nooi en wanneer hulle nou maar weer by Tops kon inloer.

Jy kon daardie opsomming vinniger en bondiger maak en uitstuur as wat die hele regering dit saam kon doen.

As ek weer die pad uit Modimolle na Vaalwater toe ry, gaan ek ver kyk daar naby Alma se koppe — die pad wat jy so baie gery het. My hart is seer oor jou.


Desireé van der Walt, DA-koukusleier in Limpopo, skryf:

Marlene, soveel het verander sedert Donderdag, 8 Junie, tog het soveel dieselfde gebly. Maar net die wrede of nuuskieriges sou so iets voorstel, want ons almal wat jou liefgehad het, word diep verander deur jou heengaan.

Dit is asof ons saamswem, onbewus van ons stroom en dryfkrag, dan skielik en sonder seremonie uit die see geslinger word. Gedwing om anders asem te haal, om vir ewig die verpletterende erns van jou afwesigheid te verduur.

Die wind is uit my seile geslaan en ek dink nie dit sal ooit heeltemal terugkom nie. Ten minste een keer per dag keer my interne monoloog my, om te skree: “Dit kan nie waar wees nie!”

Sewe jaar lank was ons lewens met mekaar s’n ingevleg. Eers was jy die juffrou en joernalis, wat geen oorsigbesoek gemis het om daaroor te skryf nie. Toe is jy ’n DA-kandidaat en ek jou benoem het as die burgemeesterskandidaat in 2016.

Jy het geen tyd gemors en dadelik by kollegas in hierdie posisie landswyd gaan aanklop om te leer. Sedertdien was jy een van ons beste burgemeesters… iemand wat altyd die mense eerste gestel het en meer op die grond gewerk het as om in ’n kantoor weg te kruip.

Selfs met die moeilikste klant of kollega was dit nooit: “Ek is hier as jy my nodig kry nie,” maar eerder “wat kan ek nou doen; kom ons begin.” Beskikbaar, verantwoordbaar en so spesifiek. Ek dra jou geheue rond soos ’n geluksmunt.

Ons was so gelukkig om jou te ken, met jou saam te werk en jou lief te hê as ’n vriendin.


Johann Abrie, voormalige speaker en DA-raadslid, skryf:

Die koms van Marlene van Staden het die grootste revolusie die afgelope drie dekades in die Modimolle-Mookgophong-munisipaliteit veroorsaak. Nie sedert die dae van oom Mias Niewoudt en oom Schalk Hoephner het ’n burgemeester alles só voluit vir haar gemeenskap gedoen nie.

In die vyf jaar dat ek saam met haar op die raad gedien het, het ons gereeld verskil. Soms bitterlik, maar Marlene is nie een wat kwaad gaan slaap het nie en sy het altyd in die aand gebel om haar standpunt te verduidelik, my te probeer oortuig oor hoekom sy dinge op ’n sekere manier gedoen wil hê en dan in vrede te gaan slaap.

Geen raadslid of munisipale amptenaar het die stamina gehad om by Marlene se kookwater-energie by te hou nie. Die kultuur van dienslewering en werklik omgee vir elke inwoner se probleme is Marlene se grootste nalatenskap. Ons gemeenskap is in vir ’n opdraande stryd, want Marlene se gelyke is daar nie.

Dankie Hannes, Luan en Diaan dat julle hierdie wonderlike vrou die afgelope sewe jaar met die ander 80 000 mense in hierdie munisipaliteit gedeel het.


Janine Botha, persoonlike assistent, skryf:

Marlene se verhouding met God was vir haar kosbaar en sy het nooit nee gesê vir gebed nie — of dit in die kantoor, motor, hospitaal of oor die foon was.

Sy was so lief vir haar familie en het altyd tyd in haar dagboek gemaak vir eerste skooldae, redenaarspraatjies, atletiek, rugby, gholf, naweke saam met familie en vriende en vir verjaarsdae. As iemand siek was, het sy huis toe gejaag of kort-kort gebel — ook as ander se kinders siek was. Sy het altyd gesê ons kinders kom eerste.

Marlene het almal met respek gehanteer en glad nie onderskei tussen ryk en arm, wit of swart nie. Sy moes 72 uur in haar dae gehad het, want sy het by soveel werksverpligtinge probeer uitkom om die munisipaliteit te verbeter.

Sy het tyd gemaak vir “gewone mens dinge” soos om koor te sing, die kinders vroeg wakker te maak vir verjaarsdae en in nagklere vir hulle te sing.

Marlene het ’n merkwaardige veggees gehad. Sy het teen borskanker geveg soos ek nog min mense sien doen het.

Dit was ’n ongelooflike voorreg om die afgelope jaar saam met haar te kon werk.


Henk van de Graaf, streekvoorsitter TLU en voorsitter Waterberg DLU, skryf:

TLU SA se Noordstreek, asook die Waterberg DLU en die Potgietersrus DLU, wat prominente bedienings areas was waar Marlene van Staden betrokke was, het met leedwese kennis geneem van haar voortydige afsterwe en haar naasbestaandes word alle meegevoel en sterkte toegewens met die enorme verlies wat hulle gely het.

Floris Booysen, voorsitter van die Potgietersrus DLU, het ook hulde aan Marlene, soos sy algemeen bekend was, gebring. “Sy was ’n besonder dapper vrou wat haar nie deur haar siekte laat onderkry het nie en steeds ’n diens aan haar gemeenskap gelewer. Sy was ’n lewenslustige vrou en het altyd haar moeilike taak met ywer aangepak. Sy het ons beslis, menslik gesproke, voortydig verlaat.

“As iemand wat self die plaaslewe intensief beleef het, het sy deurentyd ’n passie vir landbou gehad en haar deur was oop vir georganiseerde landbou. Ons het as landbou-unie op verskeie vlakke hartlik met haar saamgewerk, juis daarom is haar heengaan ’n verlies vir landbou in die Waterberg en omliggende gebiede wat sy as burgemeester gedien het. Ons hoop dat die goeie werk wat sy met passie begin het deur haar opvolger voortgesit sal word.”

Related Articles

Back to top button