Local newsMunicipal

TLU SA bring hul aan Modimolle-Mookgophong-burgemeester

Van Staden het ’n deurlopende passie vir landbou gehad en haar deur was altyd oop om verteenwoordigers vir georganiseerde landbou te ontvang.

TLU SA se Noordstreek, asook die Waterberg DLU en die Potgietersrus DLU, wat prominente bedieningsgebiede was waar Marlene van Staden, Modimolle-Mookgophong-burgemeeester, betrokke was, het met leedwese kennis geneem van haar voortydige afsterwe. Ons deel veral met haar naasbestaandes alle meegevoel en wens hulle sterkte toe met die enorme verlies wat hulle gely het.

Henk van de Graaf, TLU SA se streekvoorsitter en ook voorsitter van die Waterberg DLU, en Floris Booyse, Potgietersrus DLU-voorsitter, bring hulde aan Marlene, soos sy algemeen meer bekend was.

Van de Graaff sê dat Van Staden ’n besonder dapper vrou was, wat haar nie deur haar siekte laat onderkry het om steeds in diens van haar gemeenskap te bly nie.

“Sy was ’n lewenslustige vrou wat haar dikwels moeilike taak met ywer aangepak het. Sy het ons beslis menslik gesproke voortydig verlaat.”

Booyse sê Van Staden het ’n deurlopende passie vir landbou gehad en haar deur was altyd oop om verteenwoordigers vir georganiseerde landbou te ontvang.

“Ons het as landbou-unie op verskeie vlakke hartlik met haar saamgewerk. Daarom is haar heengaan ’n verlies vir landbou in die Waterberge en omliggende gebiede wat sy as burgemeester gedien het. Ons hoop dat die goeie werk wat sy met passie begin het, deur haar opvolger voortgesit sal word.”

Related Articles

Back to top button