Local news

Voortrekkerbegraafplaas is nou weer ’n spogplek

Lede van die Bela-Bela Heritage-organisasie het op Saterdag 27 Mei, in samewerking met die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK), ’n Voortrekkerbegraafplaas in die Noodhulp-omgewing buite Bela-Bela besoek en skoongemaak.

Navorsing dui daarop dat stigterslede van die aanvanklike dorp, toe Hartingsburg en nou Bela-Bela, hier begrawe is. Die groep het altesame 23 grafte geïdentifiseer.

Die oudste graf dateer uit 1859. Die unieke grafstene is tydens die 1938-Eeufeesvieringe opgerig.

Vir navrae oor die begraafplaas bel vir Van Niekerk by tel. 076 356 6175.

Related Articles

Back to top button