Local news

Egpaar maak self begraafplaas skoon

Twee inwoners van Bela-Bela, Manie en Mara van Staden, was verlede week so geskok oor die agteruitgang en toestand van Bela-Bela se begraafplaas dat hulle begin het om self die onkruid en lang grasse uit te roei.

Die egpaar het op Woensdag 24 Mei met hul harke en grawe opgedaag om ’n familielid se graf, wat deur bosse en onkruid oorgroei is, skoongemaak. Hulle het besef dat die ander grafte ook aandag nodig het.

“’n Mens kan duidelik sien dat daar min of geen instandhouding gedoen word nie. Dit het iets in ons wakker gemaak om die situasie te verbeter.”

Die Van Stadens besit en bestuur ’n vervoermaatskappy en woon op die Eersbewoond-pad buite die dorp. Hulle wil graag meer gereeld die begraafplaas besoek en grafte self weer netjies maak.

“Hier lê mense se pa’s, ma’s, kinders, oumas en oupas wat eens deel van dié gemeenskap was. Begraafplase is gevul met geskiedkundige waarde en is dit baie interessant om daardeur te stap. Hier lê ontelbare herinneringe vir families.”

Die egpaar meen besoekers kan reeds met die binnery na die dorp sien dat alles nie na wense bestuur word nie.

“Die lang gras is ’n seeroog en dra niks positief tot die dorp se beeld by nie.”

Hulle is bewus daarvan dat hulle nie alleen die enorme skoonmaakprojek kan aanpak nie en sal graag plaaslike sakeondernemings en inwoners wil betrek om ook moue op te rol of te help met skenkings.

Intussen is hulle fluks aan die werk en vol vertroue dat dit al reeds help om die beeld van die dorp te verbeter.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button