Local news

Geite en giere…

Wat gebeur in- en om die Waterberg?

Die Residentia Waterberg-ouetehuis was een van die begunstigdes van geld wat tydens die Simfonia Juventi-jeugsimfonieorkes se verto-nings in Modimolle ingesamel is. Deirdré Stoffberg van die NG Nyl-stroom Oos-gemeente oorhandig die skenking aan Liz Breytenbach van Residentia. “Vanjaar se optrede was ’n reusesukses. Ons vertrou dat ons aanstaande jaar nóg meer toeskouers sal hê,” het Stoffberg gesê.

Kitty Bodenstein (voorsitter) by Carin Coetzee van die Vroue Landbou-unie (VLU) se Mabalingwe-tak. Carin, ’n voorslagkok in die kombuis, het op Donderdag 4 Mei die algeheel derde plek in die Miami-kinkelkok-kompetisie gewen wat deur VLU Noord aangebied is.

Related Articles

Back to top button