Local news

Gebruik water spaarsamig

Inwoners van die Modimolle-Mookgophong-munisipaliteit word gewaarsku om spaarsamig met die water te werk, veral wanneer daar langdurige beurtkrag is.

Dit het ’n invloed op die verskaffing van water aan al die dele van die dorp en die munisipaliteit sukkel om te voldoen aan die vraag na water.

Luidens ’n mediaverklaring veroorsaak die onderbreking in elektrisiteitstoevoer dat die munisipaliteit se watersuiweringsaanlegte, boorgate en pompstasies nie optimaal kan werk nie. Dit het ’n groot invloed op waterverskaffing.

“Dit skep ’n uitdaging en beïnvloed ons vermoë om skoon drinkwater na en van ons reservoirs in dorpe in die munisipaliteit te versprei. Die meeste wonings kan lae tot geen waterdruk ervaar, wat op sy beurt weer probleme by die rioolpompstasies skep,” het die munisipaliteit gewaarsku.

Related Articles

Back to top button