Local news

Vrou van Mookgophong steeds vermis

Marika Stoltz (31) van Mookgophong word sedert Saterdag 22 April 2023 vermis.

Volgens inligting is sy die laaste keer in die dorp gesien toe sy in ’n rooi Toyota Tazz geklim het.

Sy is swanger en haar familie is dringend op soek na haar.

Sy het blonde/bruin hare en is van gemiddelde bou. Sy het ’n tatoeëermerk van ’n dolfyn op haar linkerarm. Toe sy laaste gesien is, het sy ’n grys bloes, swart broek en swart stewels gedra.

Indien iemand haar sien of weet waar sy haar bevind, bel asseblief vir AO Barend van Wyk by tel. 082 565 8299 of tel. 082 443 0911.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button