Local news

Planne om spoornetwerk op te knap

Die trein na Pretoria, soos die ou liedjie lui, ry dalk eersdaags weer.

Gautengse premier Panyaza Lesufi het dié plan geopper om Gauteng en Limpopo met ’n meer doeltreffende en vinniger spoornetwerk te verbind. Hy het op Woensdag 26 April met Stan Mathabatha, sy eweknie in Limpopo, vergader om dit verder te bespreek.

Die N1-snelweg vanaf Gauteng na Limpopo dra druk verkeer, veral tydens Paasnaweke en die Kersseisoen. Dit is ook ’n ekonomiese lewensaar vir handel met ander Suider-Afrikaanse lande.

Lesufi het die hoop uitgespreek dat so ’n ontwikkeling ook die ekonomie kan stimuleer. Die spoornetwerk sal luidens ’n verklaring vrag, asook passasiers, vervoer.

Hierdie projek het ’n lang aanloop en daar was reeds ’n dekade gelede sprake daarvan. Dit het egter nooit gerealiseer nie.

Volgens Transnet se webwerf bestaan die Noord-oos korridor uit twee kringe naamlik die Beitbrug-, Polokwane-, Phalaborwa-kring wat Limpopo bedien en die Witbank-na-Komatipoortkring wat Mpumalanga bedien.

Die korridor strek van die Limpoporivier by Beitbrug deur Komatipoort tot by Richardsbaai aan die ooskus en van Pyramid/Witbank na Komatipoort. Goedere word deur verskeie grensposte vervoer soos Komatipoort, Golela, Beitbrug, Livingstone en Sakania en verbind Suid-Afrika strategies aan die ekonomieë van lande soos Zimbabwe, Zambië en die Demokratiese Republiek van die Kongo. In hierdie korridor is daar drie belangrike lyne met die Tzaneen-, Musina- en Bela-Bela-lyne wat plaaslike vrag na Durban se hawe vervoer. Skeepshouers met vrugte soos lemoene wat uitgevoer word, is dikwels by die stasie in Bela-Bela te sien. Die myne in dorpe soos Thabazimbi en Lephalale maak ook van spoorvrag gebruik.

  • Jarelange inwoners van die omgewing sal onthou dat spoorvervoer vroeër baie algemeen was met die besoekers aan Modimolle se jaarlikse Druiwefees wat per trein Vaalwater toe gery het, asook hoërskoolkinders wat per trein na die interhoërbyeenkomste op naburige dorpe gereis het. ’n Destydse inwoner van Bela-Bela, Boon Boonzaaier, het treinritte oor die hele land vir toeriste aangebied wat besoekers van oral oor die land laat treinry het. Die stasiegebou op Bela-Bela het vir etlike jare gespog met die toekenning vir netjiesste stasie en die tuine was ’n lushof van kleur.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button