Local news

Geite en giere…

Nie net is die parkie in Boshoffstraat in Modimolle nou netjies nie, dit is ook veiliger. Danksy vrywilligers is daar ’n splinternuwe hek geïnstalleer wat keer dat voertuie ry waar die kinders speel. Dit sal ook help dat mense wat voorheen in die parkie geparkeer en gekuier het, nie hul glasbottels en ander vullis in die parkie rondstrooi nie. Daar is ook spreiligte geïnstalleer om die omgewing snags te verlig. Die span van Aksie Opknap, Steven Rabie van Steven’s Matte, Derrick Rabie, Jurie van der Merwe van Limpopo Lawnmowers, Jaco Vermaak van Ehlers Elektries, Pieter Snyman en talle ander helpers en skenkers het hierdie opgradering moontlik gemaak. Hier is Steven Rabie saam met Jurie en Jayden van der Merwe by die nuwe hek.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button