Local news

Geite en giere…

Wat gebeur in- en om die Waterberg?

Die AfriForum Warmbad-tak het net voor Paasnaweek volgehou om Bela-Bela se aansig te verbeter. Die span en ’n groep vrywilligers het die Reitzstraatpark se vullis opgeruim en die gras gesny. Piet Botha, AfriForum-takvoorsitter, sê die toestand van die park wys dat die munisipaliteit sy plig versuim met die instandhouding van parke. Inwoners stort hul huishoudelike vullis onwettig daar. Dit is onooglik en hou ook ’n gesondheidsgevaar in. “Ons wil hê die dorp moet beter lyk en probeer hard om ’n verskil te maak. As die munisipaliteit dit nie doen, sal ons self moet inspring,” sê Botha.

Related Articles

Back to top button