Local news

Lank lewe Jan!

Die inwoners van die Caritas-aftreeoord in Bela-Bela het op Donderdag 6 April ’n byeenkoms gehou om die koms van Jan van Riebeeck in 1652 te vier.

Van Riebeeck en sy geselskap het presies op dié dag, 371 jaar gelede, voet aan wal in die Kaap gesit. Pieter Olivier, Caritas-inwoner en voormalige museum-bestuurder in Bethlehem, het aan besoekers die geskiedenis van Van Riebeeck se aankoms in die Kaap voorgelees waarna ’n glasie op Van Riebeeck se nagedagtenis geklink is.

“Dit was die begin van Suid-Afrika. Van daardie dag af het ons land ontwikkel tot die land wat ons vandag ken. Ons moet trots wees op hierdie erfenis.”

Volgens hom beoog hulle om die dag jaarliks te herdenk en hy hoop meer mense sal by die vieringe inskakel.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button