Local news

Boere vind hul stem deur rym

Geskiedenis is allesbehalwe vervelig.

Só sê Johan van Niekerk, skrywer en stigter van die Bela-Bela Heritage Organisation, wat pas ’n tweede boek uitgegee het wat ’n stem gee aan mense wat hul ervarings van die Anglo Boere-oorlog (1899-1902) deel.

On Sacred Ground volg maande nadat hy die boek A Straight Line to Heaven in 2022 bekendgestel het. In dié boek het hy breedvoerig vertel van die impak wat sabotasie op spoorlyne tydens die oorlog gehad het.

“Ek was jare lank in die polisiediens en kon myself indink hoe dit vir daardie Boere moes voel om deel te wees van sulke konflikgedagtes. On Sacred Ground is ’n stel gedigte wat oor hierdie era handel en ek het meeste van die gedigte self geskryf.”

Johan van Niekerk, stigter van die Bela-Bela Heritage Organisation, het sy tweede boek oor die Anglo Boere-oorlog voltooi. Van Niekerk het ten doel om die erfenis in die Waterberg-omgewing te bewaar.

Hy wil die onregverdigheid van oorlog aan die leser skets, asook die ongelooflike impak op ’n land, sy mense en toekoms.

“My oupa se neef, Tobias van Niekerk, was destyds deel van die Carolina-kommando en is by die bekende slagveld, Spioenkop, doodgeskiet. Ek het een gedig aan hom opgedra,” vertel hy.

Rudyard Kipling, Engelse skrywer van die bekende The Jungle Book was vir Van Niekerk ’n inspirasie.

“Kipling het die oorlog in sy eie woorde gebalanseerd gehou en kon die man op die grond, soos die gewone Tommie-soldaat, baie goed beskryf. Hy het onder andere oor genl. Piet Joubert ’n gedig geskryf omdat hy baie respek vir Joubert gehad het. Tog het hy nooit as Engelse skrywer Engeland probeer ophef as dominant nie. Dit was wat ek ook wou bereik. Ek wou ’n balans hou deur rym,” vertel hy.

Hy verstout hom ook om in die boek te wonder hoe ’n gesprek tussen pres. Paul Kruger en koningin Victoria in die hiernamaals sou verloop.

Die boek bestaan uit 35 gedigte en drie kortverhale, gebasseer op figure en gebeure van die Anglo Boere-oorlog.

Van Niekerk hoop om die boek teen Mei aan die publiek bekend te stel.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button