Local news

Die wetenskap van die liefde

Daar is min dinge wat so goed voel soos om verlief te wees. Daardie versnelde hartklop, natgeswete handpalms en daardie gevoel van groot opwinding of soms selfs angstigheid.

Kenners meen dat dié simptome nogal ooreenstem met wat dwelmgebruikers ervaar as hule “hoog” is.

Verliefdes én verslaafdes wissel tussen euphoria, opwinding, hoë energievlakke, slapeloosheid, verlies van eetlus en angstigheid.

’n Mens se liggaam se reaksie is inderdaad soortgelyk wanneer mens verlief is, met dieselfde dele van die brein wat beïnvloed word as wanneer mens kokaïene gebruik. Dit gebeur selfs wanneer mense ’n foto sien van die een wat hulle lief het!

Navorsers van die Syracuse Universiteit in Amerika het bevind dat die chemikalieë wat daardie gevoel van euforie veroorsaak soos vasopressien, adrenalien, oksietosien en dopamien gelyktydig in 12 dele van die brein werk, net soos met dwelmverslawing. Die dele van die brein wat met beloning geassosieer word, is aktief wanneer ’n mens verlief raak.

Aan die begin van ’n verhouding vind ’n baie interessante chemiese wisselwerking in die menslike senustelsel en hormone plaas.

Navorsers vermoed dat die chemikalieë op verskillende punte in ’n verhouding vrygestel word om ons meer geheg aan ons maat te laat voel. Hoe meer tyd jy dus saam met jou maat deurbring, hoe meer verslaaf sal jy aan hulle raak.

Related Articles

Back to top button