Local news

Die klank van trouklokke in die lug

Die trouklokkies lui behoort hier in die Bosveld.

Ivan Chapman en Janneke (née Dykema) is op Saterdag 1 Oktober 2022 op die Dykemas se plaas in die Settlers-omgewing getroud. Janneke is ’n boorling van die Springbokvlakte en is die enigste dogter van Willie en Annelie Dykema, bekende inwoners van die omgewing. Die spog-onthaal was in die groot skuur op die plaas wat in ’n lushof omskep is. Ivan en Janneke woon in Mogale City (Krugersdorp) waar sy onderrig gee by Hoërskool Monumentpark en Ivan is ’n elektrisiën van beroep. Hulle het as studente aan die Universiteit van Noordwes se Potchefstroom -kampus ontmoet.
Kobus Jonck, oud-hoofseun van Hoërskool Warmbad, is in Desember by De Harte-gasteplaas buite Pretoria met die pragtige Claudia Liebenberg van Polokwane getroud. Kobus is die seun van Kobus (snr.) en Wilma Jonck van Bela-Bela. Claudia se ouers is Sakkie en Ilse Liebenberg van Polokwane. Die egpaar het hulle in Johannesburg gevestig waar Kobus ’n ingenieur en Claudia ’n onderwyser is.

Related Articles

Back to top button