Local news

Warries vertel wat 2022 vir hulle beteken het

Hoërskool Warmbad se personeel en leerders sluit die jaar op ’n hoë noot af.

Die skool en gemeenskap het ’n nuwe skoolhoof, Louis Cilliers, in die vierde kwartaal verwelkom. ’n Paar leerders het aan Die Pos vertel wat 2022 vir hulle beteken het.

Frances de Jonge.

Frances de Jonge, gr. 12-leerder en hoofmeisie van 2022:

My hoogtepunte van die jaar was tydens die Bosveld Interhoër in Mokopane wat vir my die lekkerste geleentheid was. Die opbou tot die interhoër, die geesvangweek en Wenda Nel, motiveringspreker, wat die aand voor die interhoër met die atlete kom praat het, was iets om te onthou. Die kersie op die koek vir my was toe ek gekies is vir die Suid-Afrikaanse-skole-atletiekspan, asook ons hokkieprestasies en ons toer tot in Mosselbaai. Die span was altyd daar vir mekaar — deur die moeilike tye kon ons met mekaar praat. Dit was ’n voorreg om saam met hulle te kon speel. My slagspreuk van die jaar is CS Lewis se: “Life with God is not immunity from difficulties, but peace within difficulties.”

Mmabontle Masoma.

Mmabontle Masoma, Grd 11 learner:

Every time I enter the foyer of Hoërskool Warmbad, I feel at peace. The school is like a second home to me. I am proud to be a learner at this great school and know that one should not take this privilege for granted. I most definitely can speak on behalf of every learner and thank our educators for making us feel that we belong and that we are truly Warries.

Michael Carr.

Michael Carr. Grd 11 learner:

What this school year meant to me echoes the words of Oprah Winfrey: “Education Is the key to unlocking the world, a passport to freedom.” Hoërskool Warmbad is precisely that type of place where we all work together with amazing educators to get our passports to freedom and the key to unlocking the future.

Juanita Louwies.

Juanita Louwies, gr. 11-leerder:

Respek was nog altyd een van die wagwoorde by ons skool. Jy voel altyd welkom as jy by die skoolgronde instap en die onderwysers doen hul beste om die leerplanne met ons te behandel.

Related Articles

Back to top button