Local news

Die Pos en Modimolle loop ’n mooi pad

Covid-19 het sakelui geleer hoe om te bespaar deur van die huis af te werk en in pas hiermee het Die Pos-koerant se Modimolle-kantoor vanjaar ook uit die sentrale sakesektor verhuis en ons tradisionele kantoorspasie opgegee.

Die twee voltydse personeellede, Petro Greeff (bemarker) en Sarita Kriek-Vosloo (joernalis), maak voortaan gebruik van tuiskantore om al Modimolle se nuus en advertensies te hanteer.

Petro, oorspronklik van Alberton, Gauteng, het in Oktober 2002 na die destydse Nylstroom verhuis kort voordat sy en Ben Greeff getroud is. Sy het in Februarie 2003 by Die Pos begin werk as bemarker en moes soms instaan as joernalis ook. Sy glimlag onwillekeurig wanneer sy terugdink aan die kleurvolle kollegas wat al by die tak gewerk het.

Sy vertel van die rits joernaliste wat deur die jare saam met haar die wa deur die drif moes trek. Mense soos Griet Swanepoel, Annelize Barkhuizen, Danie Visser, Hester Arlow, Lucinda Watermeyer, Ingrid Pepler, Andries van der Heyde, Denise Bergen en Ronel van Jaarsveld.

Nicola en Eugene Diener het die koerant in 1982 gestig, maar het dit jare later aan Danie Stolz verkoop. Keina Swart en Bea Emslie het dit in 2001 by hom gekoop en die koerant behoorlik laat floreer onder hul bekwame hande. Keina is sedert 2001 in die redakteurstoel, maar het vanjaar — ná  27 jaar by die koerant — die leisels aan Charmaine Lourens oorgegee.

Keina was pasgetroud toe sy destyds na Warmbad (nou Bela-Bela) verhuis het “met studieskuld en niks op my naam behalwe die liefde nie”. Sy vertel sy het toentertyd al haar berigte met die hand geskryf waarna iemand dit op die enkele “komper” in die kantoor getik het.

Sy was sedert 1995 Die Pos se enigste verslaggewer in Modimolle én Bela-Bela. Sy onthou hoe sy en Theunis Victor saam in ’n klein kantoortjie in die Nyl-sakesentrum gewerk het. Later het sy en Theunis na ’n nuwe perseel in Fieldstraat (oorkant die munisipale kantore) getrek waar Rika van der Schyff die ontvangsdame was. Rika en haar gesin lewer nou nog die koerante af.

Theunis het in 1994 by Die Pos se Modimolle-tak begin werk as advertensieverteenwoordiger in ’n piepklein kantoortjie in die Nyl-sakesentrum. Hy onthou die gesukkel om alles per faks na “hoofkantoor” te stuur.

“Ek het elke Vrydagoggend Bela-Bela toe gery om te help koerante pak vir aflewerings. Danie was destyds die eienaar en redakteur en ons het goed saamgewerk. Die Pos het jaarliks ’n span, wat bestaan het uit myself, Danie, Vic Emslie en Niel Swart, ingeskryf vir ’n Tuinplaas se fisantjagkompetisie, wat ons selfs een jaar gewen het,” het hy laggend vertel.

Andries, ’n boorling van Modimolle wat deesdae Die Pos se nuus in Bela-Bela behartig, het as eerstejaar joernalistiekstudent in 2011 tydens die vakansie by Die Pos se kantoor in Modimolle vakansiewerk en internskap gedoen.

“Ek onthou nog goed my eerste foto wat in die koerant verskyn het — wat met Lucinda se kamera geneem is. Dit was van drie hondjies wat in Bosveldsig te koop was.”

Hy vertel hoe geskok hy was tydens die eerste gru-botsing buite Bela-Bela waaroor hy moes verslag doen en foto’s neem.

Na afloop van sy studies het hy in Februarie 2013 voltyds by die koerant begin werk en moes tussen Modimolle en Bela-Bela pendel totdat ’n voltydse joernalis in Modimolle aangestel is.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button