Local news

Gemeenskap maak dorpsingang mooi

Die gemeenskapsgroep in Modimolle, Aksie Opknap, beoog om die dorpsingang op die R33-deurpad vanaf die Kranskop-afrit op die N1-snelweg op te knap en mooi te maak vir die talle toeriste wat die dorp tydens die feesseisoen en skoolvakansie besoek.

Die projek het op Dinsdag 29 November afgeskop met die voorbereiding van die terrein by die hoofingang na die nywer-
heidsgebied.

Bernie en Herman Haunch het hul trekkerlaaigraaf beskikbaar gestel om die grond gelyk te maak waarna ’n tuin aangelê kon word.

Volgens Erna Human, sameroeper van Aksie Opknap, het talle sakelui en inwoners geld en plante vir die projek geskenk.

Aksie Opknap maak tans die dorpsingang na Modimolle op die R33-deurpad mooi deur ’n gemeenskapstuin aan te lê.

Marlene van Staden, burgemeester van die Modimolle-Mookgophong-munisipaliteit, het op Donderdag 1 Desember gaan inloer om na die vordering te kyk. Sy het die ywerige inwoners geprys vir hul bydraes om die dorp meer aantreklik vir toeriste te maak. “Ons omgewing maak staat op toerisme wat ons ekonomie sal verbeter sodat meer werksgeleenthede geskep kan word,” het sy gesê.

Die Nylstroom-gemeenskapsforum het onderneem om die onooglike brug by die dorspingang, oorkant die Koffiekan Plaaswerf-restaurant, mooi te maak.

Wiets Botes, raadslid van Wyk 12, het ook hand bygesit en op Dinsdag 29 November gehelp verf aan die brug. Daarna het vrywilligers begin om kleurvolle blomme op die brug te verf om dit verder op te vrolik.

Belangstellendes wat betrokke wil raak by die gemeenskapsforum kan vir Wiets bel by tel. 083 501 0079.

Inwoners wat nog plante en klippe wil skenk vir Aksie Opknap se tuine, kan vir Erna bel by tel. 082 348 6925.

Related Articles

Back to top button