Local news

Rommel hoop op langs strate en huise

Talle inwoners van die township kla dat die owerheid nie weekliks die vullis verwyder nie wat dan daartoe lei dat asblikke oorloop en groeiende rommelhope orals langs die strate ontstaan.

Hierdie foto (bo) is op Saterdag 19 November by die ingang na Uitbreiding 4 van die Leseding-township in Vaalwater geneem waar hope huishoudelike vullis langs huise gestort word.

Talle inwoners van die township kla dat die owerheid nie weekliks die vullis verwyder nie wat dan daartoe lei dat asblikke oorloop en groeiende rommelhope orals langs die strate ontstaan.

Dit hou ook gesondheidsgevare vir kinders in wat daar naby speel; om nie te praat van die ondraaglike stank nie.

Volgens Marlene van Staden, burgemeester wat self in Vaalwater woon, verwyder die munisipaliteit weekliks vullis in die dorp en in die township.

“Inwoners moet op die spesifieke dae volgens die vullisskedule hul asblikke of swartsakke buite hul huise sit sodat dit verwyder kan word. Dit is egter nie die munisipaliteit se verantwoordelikheid om sulke gemors langs wonings of enige ander onwettige stortings op oop erwe skoon te maak nie. As verantwoordelike landsburgers moet almal aanspreeklikheid aanvaar om ons dorpe skoon te hou. Begin by jou eie huis, erf en die straat waarin jy woon,” het sy gesê.

Related Articles

Back to top button