Local news

Wêreldlandbou-organisasie se jaarvergadering in SA gehou

Die Suid-Afrikaanse lede van die wêreldlandbou-organisasie Saai, AFASA en WRSA, het die bod gewen om die wêreldlandbou-organisasie se algemene jaarvergadering in Junie 2023 in Suid-Afrika aan te bied.

Die wêreldlandbou-organisasie verteenwoordig meer as 80 internasionale boere-organisasies in 56 lande en 1,4 miljard boere wêreldwyd.

Die algemene jaarvergadering is ’n belangrike geleentheid op die internasionale landboukalender en is die mees invloedryke byeenkoms van boere en landbouleiers ter wêreld.

Die eenmalige geleentheid om hierdie toonaangewende jaarvergadering op eie bodem te kan aanbied, is die ideale platform om sleutelgeleenthede te bied om nuwe tegnologieë en landboupraktyke ten toon te stel.

Tydens die 2022 Wêreldlandbou-organisasie se algemene jaarvergadering in Boedapest het Wildlife Ranching South Africa (WRSA), ’n vereniging wat die grootste aantal wildboere in die wêreld verteenwoordig, ’n aansoek om geaffilieerde lidmaatskap aan die wêreldlandbou-organisasie gedoen.

Twee Saai-lede is op die wêreldlandbou-organisasie se komitees as verteenwoordigers van die Afrika-vasteland in Wêreldlandbou-organisasie verkies.

Saai-lid Sivile Mabandla is tot die wêreldlandbou-organisasie se beleidskomitee oor veeboerdery verkies, terwyl Richard York as voorsitter van die komitee oor natuur- en biodiversiteit benoem is. Dit dien as bewys dat Suid-Afrika die deurslaggewende rol as verteenwoordigers van die Afrika-vasteland, speel.

Die aanbieding van die 2023 wêreldlandbou-organisasie algemene jaarvergadering is ’n gesamentlike onderneming tussen Saai, AFASA en WRSA. Hulle sien daarna uit om saam met die regering, die landbou- en wildsektor, sowel as ander organisasies van binne Suid-Afrika en die res van Afrika te werk en sodoende te verseker dat hierdie geleentheid ’n dawerende sukses is.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button