Local news

VLU-vroue vir oulaas saam

Die Vroue Landbou-unie (VLU) Noord se Soetdoringstreek het op Woensdag 2 November hul laaste streeksvergadering vir die jaar in Modimolle gehou.

Al 10 takke van die streek was verteenwoordig en 55 vroue het saam gekuier. Die takke is almal tans besig met hul beplanning vir 2023.

“Ons is opgewonde en slaggereed om nuwe uitdagings aan te pak en vaardighede aan te leer,” het Hanell Theron, skakelbeampte van die Soetdoringstreek, gesê.

Die VLU Aandster-tak van Mokopane het gesorg vir heerlike koffie en beskuit voor die aanvang van die vergadering.

Nuwe lede wat wil aansluit, kan Theron bel by tel. 072 531 9242.

Riki Lourens (Soetdoringstreek-sekretaresse) en Retha Oosthuizen (Soetdoringstreek-voorsitter) het op Woensdag 2 November die streeksvergadering in Modimolle bygewoon.
Die lede van die VLU se Potgietersrus-tak wat die laaste vergadering van die Soetdoringstreek in Modimolle bygewoon het.

Related Articles

Back to top button