Local news

Geliefde sportafrigter oorlede

Die Bela-Bela-gemeenskap is in rou gedompel ná die dood van ’n bekende sportman en -afrigter van die dorp.

Van Reenen Cloete is op Woensdagoggend 19 Oktober dood aangetref by ’n familielid se huis waar hy gewoon het. Hy het volgens alle aanduidings sy eie lewe geneem.

Cloete was vir jare lank ’n atletiek- en swemafrigter by Hoërskool Warmbad. Hy was self ook ’n veteraanatleet wat op nasionale vlak presteer het. Verder was hy ’n ywerige duiweboer en lid van die Sonskyn Duiweklub wat jaarliks aan wedvlugte regoor die land deelgeneem het.

Sy pa, Johan, het aan Die Pos gesê sy seun se dood is vir hom en die res van die familie ’n ongelooflike groot skok. Die skool se personeel en leerders het Woensdag berading ontvang. Nog geen begrafnisreëlings was teen druktyd bekendgemaak nie.

Related Articles

Back to top button