Local news

Bewusmakingsveldtog ’n groot sukses

CANCERVIVE Awareness Ride het vanjaar ’n bewusmakingsveldtog in Limpopo en lê gedurende September besoek af in Modimolle, Polokwane en Tzaneen.

Marlene Nortjé (organiseerder), Wilna van den Heever en Sarah-Kay Franck (organiseerder) tydens die CANCERVIVE byeenkoms in Modimolle op Maandag 19 September.

Die span wat vanuit Pretoria vertrek, beoog om 1 200 km in agt dae te voltooi.

Wilna van den Heever, ’n verpleegkundige verbonde aan die Modimolle Kansa-tak, het gereël dat kankerlyers en hul versorgers op Maandag 19 September, in samewerking met CANCERVIVE, bederf is by die Abraham Koffiehuis in Modimolle. Die CANCERVIVE-span het omstreeks 10:00 met hul brullende motorfietse opgedaag tot groot vermaak van almal wat teenwoordig was.

Marlene Nortjé (CANCERVIVE organiseerder) het die gemeenskap toegespreek en verduidelik dat hierdie nie-winsgedrewe organisasie daarna streef om mense in veral landelike gebiede in te lig oor kanker, simptome en vroegtydige opsporing daarvan.

Hulle leuse is “Caring. Creating awareness (education). Celebrating life.”

Die CANCERVIVE-span het die werkers van die Sampada Aarbeiplaas net buite Modimolle, toegespreek op Maandag 19 September, tydens hul bewusmakingsveldtog.

Related Articles

Back to top button