Local news

Brandwetgewing onder loep

Die nasionale veld- en bosbouwet op brande het die afgelope naweek onder die vergrootglas gekom.

’n Parlementêre komitee het openbare vergaderings op Saterdag 3 September vir belanghebbendes en die inwoners by die Multipurpose Centre in die Bela-Bela gehou.

Die ander vergaderings is reeds in die Mopani- en Vhembe-distrikte gehou.

Die doel van die vergaderings is om gemeenskaplike grondgebiede beter te identifiseer, om “oop vure” beter te beskryf en om raamwerke af te dwing vir die vorming van brandbeskermingsverenigings.

Daar is ook gekoukus om mense in sekere gebiede gereeld in te lig of die brandgevaar in hul omgewing hoog of laag is.

Dit gebeur deesdae veral in Bela-Bela dat inwoners brande in woongebiede stig, soos om vullis te brand, wat dan katastrofiese gevolge kan hê. Veldbrand word ook elders opsetlik of per ongeluk gestig.

Mense wat brande per ongeluk stig weens ’n gebrek aan kennis van die wet kan steeds vervolg word.

Luidens ’n parlementêre verklaring was die algehele behoefte, veral van mense in landelike- en township-gebiede, opleiding en befondsing vir die totstandkoming van brandbeskermingsverenigings.

Die meeste mense was veral uitgesproke daaroor dat voedselsekuriteit deur wegholdbrande in landelike gebiede vernietig word.

Met befondsing kan toerusting aangeskaf word om brande self te bestry. Die teenwoordigers het gemeen dat grondbegunstigdes, oftewel gemeenskapseiendomsverenigings, die reg het om aan te sluit by ’n brandvereniging en nie net amptenare nie.

Arnaud le Roux, bestuurslid van die Bela-Bela brandbeskermingsvereniging, het gesê dit was goed om hoor dat dit vir die sprekers belangrik is dat enige oop vuur met die korrekte
reaksie opgevolg word.

“’n Wegholbrand kan meer skade aanrig as ’n rower. Dit is waarom ons druk toepas om te sorg dat meer grondeienaars by die brandbeskermingsverenigings betrokke raak. Munisipale amptenare moet ook inskakel.”

Die verwagting, nadat elke provinsie hul insette gelewer het, is dat die wysigings eers in 2023 deur pres. Cyril Ramaphosa bekragtig sal word.

  • Die nasionale verbod op die maak van oop vure is steeds sedert Mei van krag.

Die verbod kan weer opgehef word sodra die reënseisoen aanbreek.

Grondeienaars mag in hierdie stadium slegs by wyse van ’n aansoek deur die departement van landbou, asook hul naaste brandbeskermingsvereniging, toestemming kry om beheerde brande op hul grond te doen. Slegs hierdie entiteite mag toestemming gee.

Vir navrae bel Arnaud le Roux by tel. 082 325 6578, of vir Mel Meyer by tel. 084 788 9291.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button