Local news

Bejaardes met lekker sop en broodjies bederf

Pensioentrekkers wat maandeliks hul Sassa-toelaes by die Modi-Mall winkelsentrum in Modimolle afhaal is weer op Vrydag 2 September bederf met ’n heerlike koppie sop en vars broodrolletjie.

Sonja Beukes, bemarkingsbestuurder van die sentrum, het aan Die Pos vertel dat sy en haar span altesame 500 koppies sop uitgedeel het aan alle bejaarde inwoners wat die betrokke oggend in die sentrum was.

“Nadat ons sop aan al die bejaardes in die sentrum uitgedeel het, was daar nog bykans 40 liter sop oor wat ons toe aan die Waterberg Residentia-aftreeoord en Ons Hoop-aftreeoord geskenk het,” het sy gesê. “Dis so kosbaar om te sien hoe mense se gesigte ophelder wanneer hulle iets soos sop en broodjies ontvang.”

Volgens Beukes word die fondse vir al hierdie gemeenskapsprojekte deur Exemplar Real Estate Investment Trust (REIT) bewillig. Die maatskappy se leuse is Change for Good en hierdie sopprojek maak beslis ’n positiewe verskil vir die mense wat vroegoggend by die Sassa-kantoor sit en wag.

Related Articles

Back to top button