Local news

Dis hoe Die Pos ’n bydrae maak tot gelukkige huwelike

Die Pos het ’n geselsie aangeknoop met Bertus Meintjes wat bykans elke Vrydagoggend voor Die Pos se Modimolle-kantoor in sy motor sit en koerant lees terwyl sy vrou, Tientie, die haarkapper besoek.

Bertus het vertel dat hulle al 52 jaar gelukkig getroud is en die afgelope nege jaar in die Kokanje-aftreeoord net buite Modimolle woon.

Die egpaar is oorspronklik van die Oos-Vrystaat waar Bertus bykans 40 jaar geboer het. Sy raad vir ’n gelukkige huwelik is om alles saam te doen.

Hoewel sy vrou motor kan bestuur, bied hy graag aan om haar orals heen te neem.

Hy vertel dat sy vrou destyds voor hul troue elke Vrydag klavierlesse geneem het. Dan sou hy geduldig buite in die motor op haar wag om haar weer huis toe te neem.

Volgens hom is Tientie ’n bobaaskok wat die beste melktert in die kontrei bak.

Klink voorwaar na die beste resep vir ’n gelukkige huwelik!

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button