Local news

Wildsplaas verwoes

Jan (70) en Annamarie (67) Botha is verslae nadat bykans hul hele wildsplaas, asook die meeste van die woonhuise, kothuise en buitegeboue en drie voertuie op Donderdag 18 Augustus deur ’n brand verwoes is.

Twee motorvoertuie en een ligte vragmotor (foto’s bo en onder) het ook in die slag gebly toe die wegholveldbrand alles op Jan en Annamarie Botha se wildsplaas verwoes het. Die egpaar was genoodsaak om hul huisversekering gedurende die Covid-19-pandemie te kanselleer omdat hulle geen inkomste vir besprekings van akkommodasie of troues gekry het nie.

Die Bothas het 21 jaar gelede die wildsplaas op die Jasper-pad, net buite Modimolle, gekoop.

Dit word onder die naam JB Game Ranch bedryf en daar is mettertyd ’n plaashuis, drie ander woonhuise, 10 kothuise vir gaste, ’n onthaal- en konferensiesaal, talle buitegeboue en twee groot stoorkamers opgerig. Daar is ook ’n 9-putjie gholfbaan aangelê met ’n klubhuis.

Alles behalwe die twee stoorkamers, wat sinkdakke het, is deur die wegholveldbrand in puin gelê.

Lees volledige berig: Brand verwoes bykans alles op wildsplaas

Related Articles

Back to top button