Local news

Die Pos kry ’n nuwe redakteur

Die Pos-koerant spog van aanstaande week af met ’n splinternuwe redakteur.

Charmaine Lourens is ’n gesoute joernalis wat onder meer ’n senior verslaggewer by Beeld was, redakteur van die Centurion News & Moot News en senior joernalis by Noordelike Nuus in Mokopane (Potgietersrus). Sy begin op Donderdag 1 September by Die Pos se Bela-Bela-kantoor werk en is tans besig om na die Sonskyndorp te verhuis.

Sy was die afgelope nege jaar redakteur van Bosveld Review in Mokopane en het deur die jare verskeie mediatoekennings verower. Volgens Lourens sien sy daarna uit om Die Pos na nuwe hoogtes te neem en wil sy graag die inwoners, lesers en adverteerders leer ken.

Keina Swart, Die Pos se huidige redakteur, sal steeds in bestuurshoedanigheid by die koerant betrokke wees, maar sê: “Ek dink ná 28 jaar by die koerant het dit tyd vir my geword om so ’n bietjie terug te staan en die aflosstokkie aan te gee. Die Pos sal in my hart altyd die beste gemeenskapskoerant in die land bly — die kleintjie met die gróót hart. En nou boonop met ñ nuwe redakteur met jare se ondervinding en ñ groot liefde vir die platteland. Welkom, Charmaine!”

Bea Emslie, wat jare lank Die Pos se bestuurder en advertensiehoof was, het so twee jaar gelede reeds besluit om af te skaal, maar is ook steeds ’n aandeelhouer in die koerant.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button