Local news

Geite en giere…

Wat gebeur in- en om die Waterberg?

Sodra die bauhiniabome uitgedos staan in hul oordadige pienk en wit blomme, weet Waterbergers die lente is op pad. Hierdie bome wat orals langs die strate in Modimolle geplant is, staan ook bekend as die orgideëboom weens die pragtige blomme wat ’n mens laat dink aan eksotiese orgideë. Foto: Sarita Kriek-Vosloo
Die Kankervereniging van Suid-Afrika (Kansa) se Waterberg-tak het op Vrydag 12 Augustus ’n gesellige potjiekosaand by die Negester-aftreeoord net buite Bela-Bela gehou. Daar is heerlik gekuier terwyl almal hul eie potjiekos kon gaarmaak. Kansa Waterberg is baie dankbaar vir die borge wat die geleentheid moontlik gemaak het. Belanstellendes kan vir Anneke Ellis bel by tel. 063 696 1719 om by Kansa betrokke te raak.

Related Articles

Back to top button