Local newsNews

VF Plus-jeug besoek Orania

Twee jong vroue van die Vryheidsfront Plus (VF Plus)-tak in Mookgophong, Marita Louw en die tak se sekretaresse, Carla Du Toit, het die party verteenwoordig toe ’n jeuggroep ’n kort besoek aan die bekende dorp Orania in die Noordkaap gebring het.

Lienkie Prinsloo, sekretaresse van Modimolle se VF Plus-tak, was ook daar om die dorp te verteenwoordig.

“Ons doel was om strukture in plek te kry omdat Limpopo nog nie erkende jeugstrukture het nie. Dit is ons doel om voor die einde van die jaar behoorlike strukture te stig,” het Louw, wat ook die party se wyksraadslid in Mookgophong se Wyk 5 is, gesê.

Louw het namens die VF Plus in Limpopo terugvoer aan die party se leier gegee oor die stand van die jeug in Limpopo.

Marita Louw (Mookgophong), Lienkie Prinsloo (Modimolle) en Carla du Toit (Mookgophong) het in Orania gekuier en die VF Plus-jeug van Limpopo verteenwoordig.

Dr. Wynand Boshoff en sy broer, prof. Carel Boshoff, het die toer deur Orania gelei en die partyleier, dr. Pieter Groenewald, het tydens die Jeug-partyraadsvergadering gesê almal moet onthou dat die jeug die hoop vir die toekoms is. Hy het ’n politieke oorsig vir die party tydens die vergadering gegee.

Limpopo is saam met die Vrystaat ingedeel vir die naweek en die span se naam was Limpstaat. Daar was spanbouprojekte en planne is beraam hoe om die jeug betrokke te maak en die pad vorentoe te beplan.

“Ons wil graag ons kultuur behou, maar ook ons taal en geloof sonder vrees uitleef,” het Louw gesê.

Related Articles

Back to top button