Local newsNews

Huis vir gestremdes vra vir oop harte

Huis Talje, ’n hawe vir gestremdes in Bela-Bela, bied al jare lank ’n noodsaaklike diens aan die gemeenskap en provinsie deur gestremde mense te versorg.

Die instansie ontvang elke ses maande ’n regeringstoelae. Dit kan egter nie al hul koste dek nie en hulle ondervind groot finansiële druk.

Elke gestremde ontvang R4500 per maand van die regering.

Weens die ongekende styging in lewenskoste is die toelae volgens die tehuisbestuur glad nie meer voldoende nie. Hulle is nie in staat om vir die inwoners te bied wat hulle nodig het nie. Die bestuur probeer die rieme dun sny, maar sommige uitgawes is uiters noodsaaklik.

Die bestuurslede het egter aangedui dat hulle elke moontlike uitweg gebruik om te bespaar en steeds vir die gestremde inwoners goeie sorg te bied.

Daar word tans ’n gelukkige trekking gehou waar belangstellendes ’n lootjie kan koop vir R150 per kaartjie.

Die gelukkige wenners van die drie pryse kan ’n rooibok- of ’n blesbokjagtog wen. Die groot prys is ’n blouwildebeeskarkas wat klaar aan die hak hang.

Sakelui wat bereid is om te help, kan ’n boekie met tien kaartjies koop of inwoners wat die projek wil ondersteun, kan hul kaartjies by Huis Talje koop teen R150.

Die kompetisie het aan die begin van Julie afgeskop, maar is verleng tot op Saterdag 20 Augustus wanneer die gelukkige trekking sal plaasvind.

Vir navrae kan mense vir Mariska Dreyer (organiseerder) bel by tel. 063 113 1523.

  • Huis Talke kan ’n Artikel 18A-sertifikaat vir belastingdoeleindes uitreik.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button