Local newsNews

Trek die potlode, verfkwaste, klei, naaldwerk en houtskool nader

Die ATKV Waterberg-kunstefees word van 15-26 Augustus in Bela-Bela aangebied en kunstenaars moet opskud, want die inskrywings vir alle items sluit op Vrydag 22 Julie.

Christa Snyman is die organiseerder in die kunsafdeling.

Alle kunswerke moet tussen Vrydag en Saterdag 12-13 Augustus tussen 08:00 en 18:00 by Katjiepieringlaan 2 in Bela-Bela ingedien word.

Volgens die reëls moet elke kunswerk ’n naam en datum op hê en saam met ’n voltooide inskrywingsvorm ingegee word.

Slegs oorspronklike kunswerke sal aanvaar word.

Deelnemers van gr.0-12 kan een inskrywing in elke kategorie indien. In die ope-afdeling kan deelnemers twee kunswerke per kategorie inskryf. Die kategorieë vir gr.0-7 is skilder, basiese ontwerp, kleursketse, potloodsketse en drukwerk.

Vir hoërskoolleerders is daar die skilderkuns-afdeling (olie, akriel of waterverf), gemengde media, potlood/ houtskool/ pastelle-kunswerk, grafiese werk of ontwerp.

Vir die volwasse amateurkunstenaars is daar die volgende afdelings: skilderkuns, potlood/ houtskool/ pastelle-kunswerk, kreatiewe naaldwerk, kleiwerk, houtsny-, houtdraai of piouterwerk.

Die beoordeling van die kunswerke sal op Maandag 15 Augustus plaasvind. Die amptelike uitslae sal op Sondag 28 Augustus by Katjiepieringlaan 2 beskikbaar wees.

Bel gerus vir Snyman vir navrae by tel. 084 405 4932.

Related Articles

Back to top button