Local newsNews

Geite en giere…

Wat gebeur in- en om die Waterberg?

Amptenare van die Bela-Bela-munisipaliteit het op Woensdag 6 Julie die nuwe pad-kruising na die Bela-Bela-township vanaf die R101-pad na Modimolle geopen. Die projek is danksy ’n regeringstoelaag van R8 miljoen gebou. Die nasionale spoorweë (SAR) en die Suid-Afrikaanse nasionale padagentskap (Sanral) het as koördineerders opgetree. Die township beskik nou oor sewe amptelike ingange. Jamela Selapyane, waarnemende munisipale bestuurder, staan met Gloria Seleka, burgemeester van Bela-Bela, op die foto.
Warmpatat: Die verkeerseiland op die hoek van Minnaarstraat en Pretoriaweg in Bela-Bela spog deesdae met nuwe vullishope tussen die munisipale tuine. Sakeondernemings in die omgewing wat kameras het, is op die uitkyk vir die skuldiges.

Related Articles

Back to top button