Local newsNews

FOTOGRAFIE: In fokus

Fotograwe dwarsoor die Waterberg hou hul vingers op die knoppies om die prag van die natuur en omgewing vas te vang.

Die foto getiteld “Die son sak” is deur Alma Hoon van Bela-Bela geneem. Sy het ’n merietesertifikaat daar voor ontvang. Fotograwe word genooi om deel te hê aan die maandvergaderings van die Warmbad-fotografieklub. Vir navrae bel vir Elaine by tel. 082 854 8042.
Alma Hoon van Bela-Bela het ’n merietesertifikaat in die ope-afdeling van die Warmbad-fotografieklub se maandvergadering ontvang vir haar pragfoto van ’n clivia (boslelie). Die klub reël gereeld werkwinkels en uitstappies vir hul lede. Vir navrae bel vir Elaine by tel. 082 854 8042.
Dié pragtige foto, getiteld “Rissie” is deur Alma Hoon van die Warmbad-fotografieklub in Bela-Bela geneem. Sy is deur die beoordelaars as die wenner in die ope-afdeling aangewys. Die klub hou gereeld werkwinkels en uitstappies. Vir navrae bel gerus vir Elaine Els by tel. 082 854 8042.
Elaine Els was die Mei-wenner in die afdeling vir vaste voorwerpe by die Warmbad-fotografieklub se jongste maandkompetisie. Sy noem dié foto “Mystery”. Belangstellendes is welkom om by die klub aan te sluit en deel te word van dié groep passievolle fotograwe. Vir navrae bel vir Elaine Els by tel. 082 854 8042.
Hierdie nabyskoot van ’n spinnekop wat behoorlik besig is om ’n spens vol kos vir die winter te versamel, is deur Flick Lottering geneem. Dit is aangewys as die Bosveld-fotografieklub in Modimolle se April-wenner in die makro-fotografie afdeling.
Die Warmbad-fotografieklub in Bela-Bela se lede neem pragfoto’s en die klub verbeter hul vaardighede met werkwinkels wat deur kundiges aangebied word. Dié pragfoto van ’n luiperd is deur Tilly Kriel van Bela-Bela geneem. Sy het ’n merietesertifikaat by die laaste byeenkoms ontvang. Klublede neem gereeld aan plaaslike- en internasionale kompetisies en uitstallings deel. Die klub is geaffilieer by die Photographic Society of South Africa (PSSA). Vir navrae bel gerus vir Elaine Els by tel. 082 854 8042.
Die Bosveld-fotografieklub in Modimolle het Pieter Nel se besonderse nabyskoot van ’n rooikophoutkapper (Black-collared barbet) as April-maandwenner in die voëllewe-kategorie aangewys. Nel het ook ’n merietesertifikaat daarvoor ontvang.
Hennie Louw, lid van die Bosveld-fotografieklub, het ’n merietesertifikaat ontvang vir sy pragtige foto van ’n edelvalk (Lanner Falcon). Edelvalke kom in gebiede met grasvlaktes en rotsagtige kranse in Suid-Afrika, Afrika tot in Suidoos Europa voor. Hierdie valke jag bedags en kan tot so vinnig as
140 km/h vlieg.
Dorette Nel van die Bosveld-fotografieklub in Modimolle het hierdie nabyskoot van reëndruppels op ’n slingerplant se spiraalvorminge tentakel in haar tuin geneem. Die foto het ’n merietesertifikaat ontvang en is aangewys as wenner in die makro-fotografie kategorie. Nel is ook aangewys as die
senior maandwenner vir Februarie.
Willem Pietersen het skoonskip gemaak in die makro-kategorie van die Warmbad-fotografieklub met dé foto wat hy van ’n stinkgogga geneem het. Vir deelname aan die Warmbad-fotografieklub se maandelikse byeenkomste, bel vir Gerda de Bruto by tel. 082 563 4725 of Wilna Venter by tel. 083 329 1045. Stuur gerus navrae per e-pos aan gerda@pieterwagnereiendomme.co.za(.)
Hierdie foto van ’n troupant (Lilac-breasted Roller) wat ’n miskruier vang, is deur Hennie Louw van die Bosveld-fotografieklub in Modimolle geneem. Hy vertel dat die voorafgaande bewolkte reënweer skielik verander het in ’n warm sonskynmiddag. Dit het tot gevolg gehad dat talle insekte te voorskyn gekom en gesorg het vir ’n feesmaal vir die voëls. Die foto is aangewys as die Februarie-wenner in die voëllewe-kategorie en het ’n merietesertifikaat ontvang.
Hierdie pragtige foto van drie rooibokke wat saam water drink het aan Dawie Maree die eerste plek besorg in die wildlewe-kategorie. Hy is ook as die senior maandwenner van die Bosveld-fotografieklub in Modimolle aangewys.
Lelanie van der Walt het hierdie trefferfoto van ’n vriendin in rooi getooi tydens ’n besoek aan die Rooiwoestyn-natuurreservaat geneem. Die foto is deur die Bosveld-fotografie-klub in Modimolle aangewys as beste foto in die portretkategorie vir Februarie — die maand van die liefde. Die Rooiwoestyn-reservaat is die kleinste woestyn ter wêreld en lê ongeveer 10 km wes van Port Edward in KwaZulu-Natal.
Francois Minnaar se foto is aangewys as die junior maandwenner tydens die Bosveld-fotografieklub in Modimolle se eerste byeenkoms vanjaar. Hy het die landskap-kategorie met hierdie pragfoto van die Spitzkoppe in die Damaraland-streek in Namibië gewen.
Dr. Mich Veldman van Modimolle is ‘n kranige fotograaf. Hy het hierdie foto van ‘n geelvink wat meesterlik besig is om ‘n nes te weef geneem. Die foto is as wenner in die voëllewe-kategorie van die Bosveld-fotografieklub in Modimolle aangewys.
Joanne Barnard van die Bosveld-fotografieklub in Modimolle het hierdie dubbelbandsandpatrys naby die Phalaborwa-hek in die Kruger-wildtuin afgeneem. Hierdie voëls vorm monogame broeipare waar albei ouers die twee tot drie eiers uitbroei. Hulle kom hoofsaaklik in die droër gedeeltes soos Limpopo, Noordwes en die Noord-Kaap voor.

Related Articles

Back to top button