Local newsNews

Afgetrede prokureur Herman Brits van Modimolle gegroet

Herman Brits (66), ’n bekende afgetrede prokureur van Modimolle, is vroegoggend op Vrydag 24 Junie aan kanker oorlede.

Hy is in Desember 2021 met gevorderde kanker gediagnoseer wat nie op behandeling gereageer het nie.

Brits en sy gesin het in 1991 vanaf Delmas na Modimolle verhuis waar hy meer as 17 jaar ’n vennoot in ’n prokureursfirma was. Hy het in 2008 afgetree terwyl sy vrou Ria steeds as makelaar in die korttermynversekeringsbedryf gewerk het.

Die egpaar was vir 38 getroud en is geseën met twee kinders, Marnus (34) en Karla (18). Marnus en sy vrou, Clarise, woon in Johannesburg met hul tweejarige seuntjie terwyl Karla tans by die Universiteit van Pretoria B.Com. Rekeningkunde studeer.

Ria het aan Die Pos vertel dat sy haar man sal onthou vir sy wonderlike sin vir humor en vlymskerp kwinkslae.

“Vir die familie en vriende se kinders sal hy altyd oupa Kromneus wees omdat hy die kleinspan graag vermaak het met wolhaarstories,” vertel sy.

Hy het sedert sy aftrede graag gholf gespeel.
Brits het in die Waterberg grootgeword waar sy pa die skoolhoof van ’n plaasskool buite Vaalwater was.

Die roudiens word op Donderdag 14 Julie om 11:00 vanuit die NG Oos-kerk in Magazynstraat, Modimolle, gehou.

Belangstellendes kan vir Ria bel by tel. 082 859 0202 vir meer inligting.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button