Local newsNews

Adelike stukkie Britse geskiedenis in hande van Modimolle-egpaar

Die Pos het die voorreg gehad om ’n stukkie geskiedenis vas te hou toe ’n leser hierdie kopermuntstuk (foto) vir ons kom wys het.

Die muntstuk wat uit 1947 dateer behoort aan Gawie en Heilie Richter, jarelange inwoners van Modimolle.

Hulle vertel dat hul elkeen so ’n muntstuk ontvang het tydens die Britse koninklike familie se besoek aan Suid-Afrika in 1947. Koning George VI en sy vrou, koningin Elizabeth, en hul twee dogters, prinsesse Elizabeth en Margaret, het drie maande lank deur Suid-Afrika, Swaziland en die suide van die destydse Rhodesië (nou Zimbabwe) gereis.

Wanneer die koninklike familie per motor of trein deur dorpe gery het, is die skole vir die dag gesluit sodat almal die optog kon gadeslaan, het hulle vertel.

Gawie vertel dat hy destyds 14 jaar oud en Heilie (’n nooi Pelser) net 7 jaar oud was tydens die koninklike besoek aan hul plaasskool tussen Rustenburg en Swartruggens.

Hulle het die kopermuntstukke as aandenkings bewaar.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button