Local newsNews

Talle plekke in die Waterberg bied nou Covid-19-inentings aan

Die provinsiale departement van gesondheid loods ’n Covid-19-inentingbewusmakingsveldtog in Mei sodat meer inwoners gratis ingeënt kan word.

Luidens ’n mediaverklaring is die aantal mense wat positief toets vir Covid-19 aan die toeneem weens die naderende winter, terwyl die aantal mense wat klinieke besoek vir inentings, afneem.

Die departement het derhalwe bykomende mobiele klinieke in Modimolle en Phagameng beskikbaar gestel.

Covid-19-inentings word op Maandae vanaf 09:00 tot 14:00 by ’n leë winkelperseel regoor Van Heerden apteek in die ModiMall-winkelsentrum in Modimolle toegedien. Op Vrydae kan inwoners tussen 09:00 en 16:00 ingeënt word by die tent buite in die parkeerterrein.

Die mobiele kliniek sal elke Donderdag van 09:00 tot 14:00 op die volgende plekke in die Phagameng-township in Modimolle opgerig word: Op Donderdag 12 Mei oorkant die Sassa-kantoor in

Uitbreiding 5, op Donderdag 19 Mei by die ingang na Uitbreiding 10 en op Donderdag 26 Mei by Mabutsu in Uitbreiding 8.

Covid-19-inentings is steeds daagliks van Maandae tot Sondae vanaf 08:00 tot 16:00 in Modimolle, Phagameng en Vaalwater by die gewone klinieke beskikbaar.

Die kliniek in Alma is slegs van Maandae tot Vrydae tussen 08:00 en 15:00 oop.

Inwoners word versoek om hul identiteitsdokument, asook vorige inentingsertifikate saam te bring. Phizer- en Johnson & Johnson-entstowwe word toegedien. Nuwe inentings en die opvolg “booster”-dosis word ook toegedien. Daarmee saam is die Phizer-entstof se tweede dosis ook beskikbaar.

Bel gerus vir sr. Rina du Preez by tel. 082 873 7017 vir meer inligting.

Related Articles

Back to top button