Local newsNews

Geite en giere…

Wat gebeur in- en om die Waterberg?

Die Modimolle-Mookgophong-munisipaliteit het op Woensdag 4 Mei altesame 27 woonerwe oorkant Bosveldsig Fase 1-3 in Modimolle tydens ’n vendusie opgeveil. Die erwe wissel tussen 1 000 en 1 500 m² en is deur verskeie mense vir ’n totale koopsom van R 2,8 miljoen gekoop. Volgens munisipale wetgewing kan enige koper binne sewe dae ’n hoër aanbod aan die munisipaliteit maak. Volgens Marlene van Staden, burgemeester, is die verkoop van hierdie erwe ’n goeie finansiële hupstoot vir die owerheid en word daar in die toekoms nog woonerwe vir ontwikkelings
beplan.
’n Uitgebreide projek om slaggate in die Bela-Bela-omgewing te herstel (bo en onder) het op Saterdag 7 Mei plaasgevind. Lede van AfriForum se Warmbad-tak het met 4,1 ton teer die slaggate om skole en in sekere strate herstel. Inwoners en lede van die Eersbewoond-buurtwag het, in samewerking met André Kock en Seuns veilingshuis, 15 ton teer vir dié pad bewillig. Pieter van Heerden, sakeman, het bykomende teer beskikbaar gestel om die toestand van die R101-pad na Radium te verbeter. Ander projekte om slaggate te herstel, duur steeds voort. Op die foto’s is lede van AfriForum en van die Eersbewoond-buurtwag besig om slaggate te herstel.

Related Articles

Back to top button