Local newsNews

Naboomspruit VLU-vroue leer by kenner oor bome en plante

Die vroue van die Vroue Landbou-unie (VLU) Naboomspruit-tak in Mookgophong het op Dinsdag 12 April hul boomkennis saam met Gertie Oosthuizen opgekerp.

Oosthuizen is ’n bekende boomkenner en lid van die Dendrologiese-vereniging van Suid-Afrika.

Sy het voorheen by Die Oog-aftreelandgoed gewoon, maar drie jaar gelede na die Sondela-natuurreservaat buite Bela-Bela se nuwe ontwikkeling verhuis.

Oosthuizen het haar ná haar aftrede daarop toegespits om haar kennis van bome te verbreed en het al drie die eksamens afgelê wat die Dendrologiese-vereniging vereis.

Sy identifiseer graag bome en leer mense graag van die bome in hul eie omgewing.

“Die vroue het weer besef hoe belangrik bome vir die mens en omgewing is. Dit was so goed om weer daaraan herinner te word dat bome vir ons lewensvreugde bring,” het Anneke Kleynhans, een van die taklede gesê.

Die bome van die jaar vir 2022 is die huilboom (Weeping Wattle) en die kannabas met sy pragtige, pienk blomme.

Die huilboom is volop in die Mookgophong-omgewing.

Related Articles

Back to top button