Local newsNews

‘Die wêreld het beter manlike rolmodelle nodig’

Pa’s en die rol van pa’s moenie net op Vadersdag vereer word nie, meen die interkerklike gemeenskap van Bela-Bela.

Leraars van onder meer die Evangelies Gereformeerde Kerk, die NG Warmbad Wes-gemeente, AGS Kerk, Gereformeerde Kerk, Nuwe Lewe Kerk, die Gideons Bybelverspreiders, asook die Sewende Dag Adventiste Kerk het op Donderdag 14 April by die Zwartkloof-natuurreservaat buite die dorp byeengekom.

Die afwesigheid van pa’s en vaderfigure is ’n groeiende probleem wat deur al dié gemeentes as belangrik beskou word.

Gerhardus Uys, sakeman en fasiliteerder van die World Needs a Father-program, het gesê dit is belangrik dat pa’s hul rol binne die gesinsopset moet oordink en aanpas by die gesinsomstandighede.

Die uitdagings wat die afgelope twee jaar se Covid-19-pandemie gebring het, het veral ’n negatiewe uitwerking op pa’s gehad.

Die program, wat in samewerking met verskeie kerke geloods word, sal klem lê op ouerlose en vaderlose huishoudings. Inligting sal by wyse van seminare aangebied word.

Enkelouer-huishoudings kom wêreldwyd voor. “Jongmense wat nog nie self ouers is nie, kan ook die seminare bywoon, het Uys gesê. Die program is reeds baie suksesvol in Egipte, Indië en Sri Lanka aangebied. 

’n Bykomende program vir ma’s sal spesiaal in Mei vir Moedersdag aangebied word.

“Albei programme is goeie vertrekpunte om verhoudings wat afgeskeep is weer op te bou.”

Die programme word gratis aangebied.

Die voorlopige adres waar die byeenkomste gehou sal word is in Quaggastraat 7, Bela-Bela. Die fasiliteerders vra dat belangstellendes teen Maandag 9 Mei sal aandui wie aan die program wil deelneem.

Die getalle sal bepaal hoeveel hulpmiddele bekom moet word vir die duur van die program.

Navrae kan gerig word aan Uys by tel. 071 470 6772.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button