Local newsNews

Suksesvolle veteraantrekkerdag gehou

’n Baie suksesvolle veteraantrekker- en enjin-opedag is die afgelope naweek by die Settlers-museum aangebied.

Hordes besoekers het die nat reënweer getrotseer om die ou meganiese werksesels van die verlede van nader te aanskou. Die museum beskik oor meer as 30 ou trekkers en enjins.

Hulle spog ook met ’n groot aantal naaldwerkmasjiene en modeltrekkers. Die oudste enjin in die museum dateer uit 1917.

’n Paar passievolle restoureerders het in 2004 aan hul droom gestalte gegee en die museum is deur harde werk en toewyding in 2010 gestig.

Quintin, Claire en Lee Hauptfleisch sit in ’n gerestoureerde Chevrolet-trok en glimlag breed vir die kamera. Hannes van Heerden, voorsitter van die trekkerveterane-klub, sê hulle is afhanklik van skenkings van die enjins en ou trekkers. Die betrokke trekker of enjin bly die eiendom van die oorspronklike eienaar en word vir die nageslag in die museum bewaar.
Die Settlers-museum se enjinliefhebbers is al jare lank besig om ou trekkerenjins te restoureer om vir die nageslag te bewaar. Die huidige span restoureerders bestaan uit Hannes van Heerden (voorsitter), Jan van Blerk, Gerrit Fourie, Joost Pretorius, Dries Fourie en Eddie Wagenhauser (die oudste lid). Op die foto is Gerrit Fourie besig om ’n ou enjin te skuif. Die afdak agter is waar die manne hul werksaamhede voortaan sal bedryf.

Related Articles

Back to top button