Local newsNews

Só bly die Vories voel-voel op koers

Die Ysterberg Voortrekkerkommando het die nuwe kwartaal op ’n glibberige noot met ’n interessante speletjiesdag begin.

Die Penkoppe, Drawwertjies en Verkenners het die kwartaal oudergewoonte ingelei met ’n tradisionele vlagseremonie, maar die hoogtepunt van hul eerste byeenkoms was beslis die sensoriese baan waarop die kinders gespeel het.

Alice Jarman (voor) en Lounelle du Plessis vind hul weg deur ’n sensoriese baan. Die baan is opgemaak deur verskeie oppervlaktes soos blare, grond, meel, albasters, klippe, ys, olie en jellie waardeur die kinders moes stap.

Om geblinddoek deur ’n baan van glibberige, grillerige en growwe voorwerpe te loop, kan vir groot konsternasie en natuurlik ook hope pret sorg.

Dié kommando se kinders het ook gedurende die skoolvakansie die gewilde Jakaranda-kamp bygewoon waar hulle aan verskeie kursusse en aktiwiteite deelgeneem het.

Ronelle du Plessis help vir Lounelle du Plessis om geblinddoek deur die sensoriese baan te kom tydens die Voortrekkers se speletjiesdag.

Related Articles

Back to top button