Local newsNews

VLU Soetdoring-streek kies nuwe bestuur

Die Vroue Landbou-unie se Soetdoring-streek het tydens hul jaarlikse konferensie op Saterdag 12 Maart in Settlers hul nuwe bestuur verkies.

Retha Oosthuizen van die Olien-tak in Modimolle is die nuwe voorsitter.

Riki Lourens van die Aandster-tak is die nuwe sekretaris en Elsabé Koelewyn van die Olien-tak sal voortaan die beoordelaars se sameroeper wees.

Marie Raath van die Settlers-tak sal die finansies bestuur en Hanell Theron van die Potgietersrus-tak in Mokopane is die skakelpersoon van die Soetdoring-streek.

Die ander lede wat verkies is, is Delia Bogaards van die Nylstroom-tak vir Boekenhout-visie en Sonja Weideman van Settlers-tak vir die Maroela-visie.

Die bestuur is opgewonde oor die projekte wat vanjaar aangebied sal word onder die tema: Vernuwing.

Riki Lourens is die tak se nuwe sekretaris.
Hanell Theron sal diens doen as skakelpersoon.
Marie Raath is die nuwe tesourier.
Elsabé Koelewyn is die sameroeper van beoordelaars.
Delia Bogaards sal die Boekenhout-visie bestuur.
Sonja Weideman is verantwoordelik vir die Maroela-visie.

Related Articles

Back to top button