Local newsNews

Geite en giere…

Wat gebeur in- en om die Waterberg?

Anneke Ellis (regs) is vanaf Vrydag 1 April die provinsiale koördineerder van die Kansa-tak in Limpopo. Sy en haar man, JP Ellis, en hul driejarige dogtertjie woon sedert Desember 2019 in Modimolle. Ellis het ’n graad in pastorale berading, asook ’n honneursgraad in praktiese teologie aan die Noordwes-Universiteit verwerf. Ansie van Heerden (links), wat bykans 20 jaar lank die Kansa-koördineerder van die Waterberg-tak was, het op Woensdag 30 Maart die aflosstokkie aan Ellis oorhandig. Van Heerden het Waterberg-inwoners bedank vir hul onbaatsugtige bydraes en deurlopende ondersteuning. Ellis het gesê sy sien daarna uit om die mense van die Waterberg beter te leer ken. “Daar is altyd geleentheid vir vrywilligers om betrokke te raak,” het sy gesê. Belangstellendes kan Ellis bel by tel. 063 696 1719.
Warmpatat: Inwoners van Modimolle moet op die uitkyk wees vir vandale wat koperpype stroop. Dit is veral kantoorgeboue, wat oor naweke stil is, wat deurloop. Waterpompe wat aan watertenks gekoppel is word ook gereeld geteiken. Op die foto is die skade sigbaar waar ongeveer 6 m koperpype gedurende die naweek van 2-3 April met geweld by ’n kantoorgebou in Kerkstraat, Modimolle, afgebreek is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button